Die vorige inskrywings kom van n storie wat al in die 1960’s geskryf is. Hierdie storie verg egter elke dag nog vrae en studies. Die volgende inskrywings vat die storie verder, opsoek na feite en om hierdie feite van fiksie te onderskei as dit moontlik is. Baie is wetenskaplike raaiskote wat die leser self maak dink wat realiteit is en wat fiksie is of waar n scenario voorgestel word.
Die eerste vraag is waar Saunière se geld vandaan gekom het.
Die storie dat Saunière n skat gevind het kan waar wees, want die dorpie self sowel as die omliggende gebiede sluit, volgens geskiedenis, baie versteekte geheime en skatte weg.
In prehistories tyd was Rennes-le-Chateau gesien as n aanbiddings plek vir Kelties groepe en die dorpie was toe bekend as Rhédae, vernoem na een van die keltiese stamme.
In die Romeinse tydperk was Rennes-le-Chateau ook baie belangrik vanwee die ryk myne en warm water fonteine in die omliggende gebiede. Rome het Rennes-le-Chateau heilig gevind. Dis bekend dat daar Pagan (n geloof) tempels op gegrawe is.
In die 6de eeu was daar om-en-by 30000 mense wat hier gebly het. Dis geskryf dat die dorpie toe deur die Germaan stamme (Visi Goths – sien vorige inskrywings) regeer is. Hierdie stamme het weswaarts getrek uit middel Europa, onder andere Rome gekelder, die Romeinse regering vernietig en hulle eie nasie in die Pyrenees gestig.
Aan die begin van die 13de eeu het n leer uit die Noorde van Europa gekom om hierdie landskap (bekend as die Languedoc ((Google)) by die Cathar (of Albigensian) gelowe oor te neem Dit staan dan ook op geskryf as die Albigensian Crusade.
In 1360 is Rennes-le-Chateau deur n plaag getref. Die mense is so te sê almal dood en kort daarna is die dorpie verwoes deur katalonies rowers.
Hierdie dorp se onvoorspelbare geskiedenis en stories wat met tyd n sprokie was, was vas gevang in n web van feite en fiksie.
Die Cathar geloof was bekend daarvoor dat hulle in besit was van iets baie heilig. Volgens legende die “HOLY GRAIL”. Dis stories soos die waarop Richard Wagner sy laaste opera roman, Parsifal, gegrond het. Google Richard Wagner en Parsifal. In 1940 – 1945 het Duitse troeppe vrugtelose opgrawings in die omgewing gedoen.
NB: CATHAR – a member of one of various ascetic dualistic Christian sects especially of the later Middle Ages teaching that matter is evil and professing faith in an angelic Christ who did not really undergo human birth or death (soos gegee deur my stadige, tog geduldige,vertaler vriend en sy woordeboek)
Daar was ook die verlore skat van die Knights Templar (wat in “detail” behandel gaan word), wie se leier (Die leier van die Knights Templas was bekend as die Grand Master) Bertrand de Blanchefort (Sien vorige inskrywings oor Rennes-le-Chateau en die Blanchefort familie) baie misterieuse opgrawings in die gebied gedoen het. De Blanchefort het egter van ingevoerde Duitse myners gebruik gemaak. As daar n Knights Templar skat was, sou dit perfek gepas het by die ontsyferde kode, “SION”, wat in die Saunière manuskripte gevind is.
Daar was ander moontlike skatte ook. Tussen die 5de en 8ste eeu was die grootste gedeelte van Frankryk deur die Merovingian (Google en Wikipedia) bloedlyn regeer. Onder hierdie bloedlyn was Koning Dagobert II. Rennes-le-Chateau was in Dagobert se tyd n Germaanse (Visi Goth) fort. Dagobert self, was ook getroud met n Germaanse prinses.
Daar is dan die stories van baie skatte wat bymekaar gemaak is gedurende Dagobert se oorlog seges en in die omgewing van Rennes-le-Chateau versteek is. As Saunière so n skat gekry het sou dit sin maak hoekom Dagobert II se naam in die manuskripte voorkom.
Dit was nou al die Cathars, die Templars en Dagobert II, maar nog was daar n ander moontlikheid. Dit was die groot hoeveelheid skatte van die Germane terwyl hulle Europa gestroop het oppad na die Weste. Hierdie skatte kon uit meer as net goud en silwer bestaan het. Iets meer simbolies of figuurlik, n westerse geloofs tradisie. Dit kon die legendariese skatte van die Tempel van Jarusalem bevat het wat, meer as die Knights Templar, betekenis het wat die kode “SION” in die manuskripte betref.
Volgens argeoloë en historikuste is Jarusalem 66 AD (na Christus) deur die Palestyne aan geval. 4 jaar later het Rome, onder leiding van Titus, Jarusalem ingeval en afgebreek tot op die grond. Die Heilge Tempel ook. Dis gesê dat ie heilige skatte terug gevat is na die Romeinse koningkryk.
Hierdie skatte, volgens legende, het ingesluit die goue sewe-tak kershouer (Candelabrum) wat baie heilig was/is vir die Jode en, weereens volgense legende, heelmoontlik die Verbonds Ark wat in die Bybel genoem word.
3 en n half eeue later, in 410 AD, was Rome weer, op hulle beurt, deur die Germaanse stamme, onder leiding van Alaric die Grote, geplunder en alle skatte in die proses gebuit. Die historikus, Procopius, skryf dat Alaric al die Roomse skatte gevat het, ingesluit die skatte van Salemo.
Solomon – King of Jerusalem and the Hebrews
Skatte moes dan die rede vir Saunière se rykdom gewees het?
Die skat/skatte se moontlike pad deur die jare kan as volg lyk. Tempel van Jarusalem -> Rome -> Germane -> Cathars en/of die Knights Templar.
As dit die geval is, is dit duidelik hoekom die skat aan Dagobert II en SION behoort.
A DAGOBERT II ROI ET SION EST CE TRESSOR ET IL LA MORT – to dagobert ii, king, and to sion belongs this treasure and he is there dead
Dis nie onmoontlik dat Saunière skatte ontdek het nie. Die gedagte was egter nogsteeds daar dat daar n geheim ook was. n Geheim wat belangrik was in sy tyd en meskien ons eie tyd ook.
Goud en silwer alleen sou nie alleen die rede wees vir Sauniere se kontak met mense soos Debussy, Hoffet, Calvè en hulle sirkels van vriende nie. Sien vorige inskrywings vir bogenoemde persone.
Dit sou ook nie die kerk se belange in Sauniere se ontdekking verduidelik nie, wat nog te sê, die manier hoe hy die biskop van Rennes-le-Chateau met minagting hanteer het.
Ook nie hoekom n mede priester geweier het om hom te seen voor sy dood nie of hoekom die hertog van Habsburg hom besoek het. Die hertog het later bekend geword as ene Johan Salvator. (Speel groot rol in toekomstige inskrywings). Salvator was dan ook bekend as Jean Orth.
Salvator het in 1889 al sy titels en regte op gegee en is binne 2 maande verban uit sy eie land uit. Kort hierna het hy in Rennes-le-Chateau verskyn. Daar is gesê hy is dood in 1890, maar sy dood was eerder n 1910/1911 in Argentinie.
Op hierdie paar punte is dit moontlik dat Sauniere n geheim gehad het, en nie net goud en silwer nie, maar dit volg in die volgende inskrywing.
EK HET N ONGELUK MET MY SEL GEHAD, WAG VIR VERSEKERING OM UIT TE BETAAL – DIT SAL SEKER SO 3 DAE VAT EN INTUSSEN SAL EK HIERDIE STORIE MET TYD VERTAAL EN INSKRYWINGS MAAK.
0 Responses to “n skat van figuurlike waarde groter as goud en silwer. rennes-le-chateau was n heilige plek. i tego arcana dei (begone! i conceal the secrets of God)”