vervolg op vorige inskrywing
Een van hierdie banke het tot n verteenwoordiger gestuur om Saunière se geldsake te behartig. Saunière se nuut gevonde rykdom was so groot dat dit teen die tyd van sy dood in 1917 bereken is, dat hy miljoene net aan restorasies en ondersoeke alleen, spandeer het. Saunière was slim en het net geweet hoe om die publiek stil te hou. Hy het byvoorbeeld vir Rennes-le-Chateau n moderne pad laat bou. Ook het hy gehelp met lopende water vir almal in die dorpie. Ander uitgawes was meer doelgerig op sy ontdekkings. n Toring is gebou, Tour Magdala (Google) wat uit gekyk het op n groot gedeelte van die omliggende berg by Rennes-le-Chateau.
Saunière het ook n groot huis laat bou wat hy Villa Bethania genoem het. Saunière het egter nooit daar gebly nie.
Die kerk self was in n baie snaakse styl gerestoreer. n Latynse inskripsie is bo die ingang na die kerk gemaak. Dit het gelees TERRIBILUS EST LOCUS ISTE (This place is terrible)
Net binnekant die ingang was n afgryslike stambeeld van die demoon Asmodeus – bewaarder van geheime en versteekte skatte (en volgens antieke stories, die bouer van “Solomon’s Temple”) Google Asmodeus
Op die mure van die kerk was daar verskillende stadiums van die kruisiging van Jesus geskilder. Hierdie voorstellings het egter nie saam met die gebeure, soos geskryf in die Bybel, gestem nie. In stadium XIV, wat verwys na Jesus se liggaam wat die graf in gedra word, is die agtergrond die van donkerte met n groot domineerde volmaan, so asof Saunière, byvoorbeeld, wou sê: “Jesus se begrafnis was nadat dit donker was”. Dit was met ander woorde n hele paar uur later as wat in die Bybel staan. Of, meskien het dit verwys na n liggaam wat uit die grafkelder gedra is, in plaas van in?
Soos alreeds genoem was dit nie vir Saunière n probleem om geld te spandeer nie. Teen die tyd het sy stokperdjies baie rare Chinese erde- en breekware, kosbare materiale en antieke graniet soorte ingesluit. Hy het n massiewe wandel tuin ontwerp en sy biblioteek vergroot en aan gevul met net die beste en dit het alles oor alles gedek.
Saunière se vriendekring het ook alhoemeer vergroot. Onder hierdie was Johan von Habsburg, n neef van Frans-Josef, leier van Austrië op daardie stadium. Bank state het getoon dat Saunière en Johan op die selfde dae elk, n hele paar bankrekeninge oop gemaak het. Baie geld is ook tussen hierdie rekeninge oor geplaas.
Die kerk het aan die begin niks gesê of gevra wat die groot hoeveelheid uitgawes van Sauniére betref het nie, wat nog te sê waar die geld vandaan kom, maar toe Saunière se direkte hoof sterf en met n nuwe biskop vervang word, het dié Saunière begin druk vir antwoorde. Saunière het geweier om te verduidelik waar sy rykdom vandaan kom en ook die verplasing wat sy nuwe hoof hom wou laat doen. In n tribunaal is Saunière toe as priester van Rennes-le-Chateau geskors. Dit was van korte duur. Sy appel by die Vatikaan self, het geslaag en sy rol as priester by Rennes-le-Chateau weer herstel.
17 Januarie 1917 het Saunière, toe 65, n beroerte gehad. Die datum het baie vrae. Presies dieselfde datum is op die grafsteen van die Marquise d’Hautpoul de Blanchford (sien vorige inskrywings) gegrafeer. 17 Januarie is ook n feesdag van Saint Sulpice. Saint Sulpice speel dan ook n baie groot rol in hierdie storie.
Dit was dan ook by Saint Sulpice waar Saunière sy ontdekking aan Bieil en Hoffet (sien vorige inskrywings) gaan voorstel het.
Wat Saunière se beroerte egter so verdag maak is die feit dat verskeie mense sê hy 5 dae tevore baie gesond vir sy ouderdom voor gekom het. Nog meer verdag is dat op 12 Januarie, volgens n kwitansie, het Maria Denarnaud, sy huishoudster, n doodskus bestel.
Terwyl Saunière op sy siekbed gelê het, het daar, soos dit die aard is, n priester gekom om Saunière se beleidenis aan te hoor en hom te vergewe voor sy dood. Toe hierdie priester egter uit Saunière se kamer kom was hy stom geslaan. Wat ookal Saunière belei het weet niemand. Al wat bekend is, is dat dié priester geweier het om Saunière verder aan te hoor of vir hom te bid.
Saunière is die 22ste Januarie dood.
Niemand kon wag dat Saunière se testament bekend gemaak word. Teen almal se verbasing het Saunière niks gehad nie. Hy was n arm priester. Op n stadium voor sy dood het hy alles wat hy besit het aan Marie Denarnaud oor geplaas.
Na sy dood het Marie n gemaklike lewe gelei. Sy het in die Villa Bethania tot 1946.
Na die tweede wêreld oorlog het die nuwe Franse regering n nuwe geldeenheid ingestel. Dit was om veral die mense wat uit die oorlog gebaat het en dié wat belasting vry gespring het aan die pen te laat ry. Franse burgers moes die ou Frank dan inruil op die nuwe regering se Frank en in dié proses moes verklaar word waas die ou Frank vandaan kom.
Marie het gekies om arm te bly. Burgers van Rennes-le-Chateau het vertel hoe hulle haar duisende note ou Frank sien verbrand het. Sy het later geen ander keuse gehad as om Villa Bethania te verkoop nie.
Marie is op 29 Januarie 1953, net soos Saunière, na haar siekbed nadat sy n skielike beroerte gehad het. Kort daarna is sy dood en het Saunière se geheim saam na haar graf geneem. Of het sy?
vervolg more
0 Responses to “Saunière se laaste dae. villa bethania. asmodeus – bewaarder van geheime en versteekte skatte”