14
Mar
08

vervolg op gister. saunière se donker vriendekring. nog meer kodes en vrae.

Alhoewel dit nie vir Saunière onmoontlik kon gewees het om die laaste boodskap (sien laaste deel by vorige inskrywing) te ontsyfer nie, is dit heel onwaarskynlik dat hy die res van die kode kon vertaal. Hy het egter geweet dat sy ontdekking van groot waarde was en met die stem van die burgermeester van Rennes-le-Chataue agter hom, het hy sy ontdekking na die biskop van Carcassonne geneem.

Hoeveel die biskop van die manuskripte verstaan het is onduidelik, maar dit moes genoeg gewees het, want Saunière was, op die onkoste van die biskop, onmiddelik na Parys gestuur waar hy homself en die manuskripte aan n hele paneel belangrike mense voor gestel het.

Onder hierdie mense was Abdé Bieil, direketeer generaal van die klooster van Saint Sulpice.

Google Saint Sulpice

Saam met Bieil was sy broerskind, Emile Hoffet wat ook tans besig was met sy priesterskap. Alhoewel hy nog in sy vroeë twintigs was het hy al klaar as student uit gestaan, veral wat die studie van antieke geskrifte en kodes sowel as die ontsyfering daarvan betref het. Ook het hy uit geblink in die studie van spraak.

Tenspyte van Hoffet se priesterskap is daar bewyse dat hy baie tyd aan die griekse geloof spandeer het en ook baie goeie verbintenisse met sektes, okkult groepe en groot geheime organisasies, wat daardie tyd in Frankryk se hoofstad floreer het, gehad het. Dit het hom in kontak gebring met n groep mense, roemryk en briljant in eie reg.

Onder hierdie mense het getel Stéphane Mallarmé en Maurice Maeterlinck, albei in taal en filosofie. Die ander persoon wat genoem kan word was die komponis, Claude Debussy.

Hoffet het ook vir Emma Calvé geken. Emma Calvé was gereken as die Maria Callas van haar era. Sy het net terug gekeer van Londen teen die tyd wat Sauniére in die prentjie verskyn het ten opsigte van Hoffet.

Google Maria Callas

Terselfde tyd was Calvé n hoë priester van een van Parys se griekse kultuur gelowe wat gemaak het dat sy baie goeie verstandhoudings en ondergrondse bonde met baie beinvloedbare okkult groepe in Parys gehad het. Saunière het drie weke in Parys saam met haar, Bieil en Hoffet spandeer. Wat uit die drie weke besoek met hierdie persone gekom het, weet niemand egter. Wat wel bekend is, is dat Saunière in Hoffet se sirkels verwelkom is. Daar is ook gesê dat Saunière en Calvé meer as net vriende was. Alhoewel bogenoemde net stories was is dit bekend dat sy hom gereeld by Rennes-le-Chataue besoek het. Vandag nog bestaan daar rotse waarop hulle voorletters en romantiese harte uit gekerf is.

Gedurende Saunière se tyd in Parys het hy ook baie tyd by die Louvre spandeer. (Google Louvre vir dié wat nie weet nie) Net voor sy vertrek het hy drie reproduksies van kunswerke wat by die Louvre hang, gekoop. Een was van n onbekende kunstenaar en die kunswerk was van die Pous Celestine V wat n kort tydjie regeer het aan die einde van die 13de eeu. Die tweede kunswerk was van David Teniers, dis egter onduidelik of dit die pa of die seun was. Die derde was heelwaarskynlik die belangrikste. Dit was die kunswerk deur Nicolas Poussim – LES BERGERS d’ ARCADIA’ – “THE SHEPHERDS OF ARCADIA”

Google Nicolas Poussim – les bergers d’arcadia’ en sien ook eerste inskrywing op die onderwerp vir dié kunswerk

Met sy terugkeer na Rennes-le-Chataue het Saunière voort gegaan met restorasie aan die kerk. In die proses het hy ook op n groot klipblad af gekom, gedatteer uit die 7de of 8ste eeu wat ook n leidraad onder dit kon gehad het. Die leidraad was n grafkelder met geraamtes, is gesê.

Saunière het al hoe meer vrae laat ontstaan deur sy onpriesterlike werke. In die kerk begrafplaas byvoorbeeld, het m groot graf van Marie Marquise d’ Hautpoul de Blanchefort gestaan.

Die graf se kop- en grafsteen was albei deur Antoine Bigou (sien vorige inskrywing) ontwerp. Die kopsteen, net soos die twee manuskripte wat hy geskryf het, het ook inskripsies op gehad met n hele klomp spasie- en spelfoute, net soos sy manuskripte. Dit was n perfekte anagram vir n belangrike boodskap wat verberg was in een van die manuskripte wat Bigou geskryf het en dit het verwys na Poussim en Teniers. Dit het daarop neer gekom dat as die letters kripties herrangskik word, daar n aanhaling was wat verwys het na Poussim en meer spesifiek Sion. Die letters was dus met n rede verkeerd gespasieer en gespel op die grafsteen. Saunière het nie geweet dat die woorde op die grafsteen al reeds deur iemand voor hom neer geskryf was nie en in n poging om sy geheim te bewaar het hy die grafstene vernietig.

Behalwe vir hierdie werke het Saunier, vergesel deur sy getroue huishoudster, lang staptogte in sy omgewing gemaak, waar hy klippe van geen waarde versamel het. Daar was ook baie briewe gestuur tussen hom en onbekende korrespondente van Duitsland, Switserland, Austrië, Italië en Spanje. Sy versamelings het ook bestaan uit waardelose seëls, maar dit wat die meeste vrae gestel het, was die hoeveelheid bankrekeninge wat hy na sy ontdekking oop gemaak het…

vervolg more


4 Responses to “vervolg op gister. saunière se donker vriendekring. nog meer kodes en vrae.”


  1. 1 Oi!
    Maart 14, 2008 at 2:07 nm

    Ek dink die blogger moet die boek vinniger opsom / vertaal. Teen die huidige tempo sal ons eers teen September klaar wees! Ek kan nie so wag nie. Kan dit vinniger lees!

    Ek dink iemand probeer ons net op hete kole hou……..

    My kommentaar vervolg ….

  2. 2 rock
    Maart 14, 2008 at 2:13 nm

    ek sukkel met die ou wat my help vertaal, hys slim maar vrek stadig… geduld

  3. Maart 19, 2008 at 5:17 nm

    :grin: geduld is iets wat nie in die day and age bestaan nie!

  4. Maart 19, 2008 at 5:33 nm

    Rome was ook nie in een dag gebou nie!