Terug by Bérenger Saunière. Vir n lang tyd al wou hy Rennes-le-Chateau se kerk restoreer. Hierdie kerk was opgedra aan n geloof in die tyd 1059. Die geloof was die sogenaamde Magdalene. Hierdie vervalle masiewe gebou het gestaan op die fondamente van nog ouer gebou. Dit was die voetstuk van n ou westerse Gotiese gebou, gedatteer uit die 6de eeu.
Google Visi Goth
Teen die 19de eeu was die kerk amper onherstelbaar so Saunière het in 1891 op n meer moderne restorasie besluit en sy goeie vriend, Boudet (sien 1ste inskrywing vir Boudet), het hom hierin ondersteun.
Vir dié restorasie het Saunière geld van die fondse van Rennes-le-Chateau geleen. Tydens die restorasie het Saunièr n groot klip wat as altaar gebruik was, laat verwyder. Hierdie altaar het op twee baie ou Visi Goth pilare gestaan en een van die pilare was hol. Aan die binnekant het hy vier manuskripte gekry, al vier elk in n aparte geseelde hout buis bewaar. Twee van die manuskripte, is gesê, het bestaan uit die studie van geslagte, een geslag gedatteer uit 1244 en die ander een uit 1644.
Die ander twee manuskripte was uit die 1780’s en was geskryf deur een van die priesters wat voor Saunière by Rennes-le-Chataue gedien het.
Die priester was Antoine Bigou.
Bigou was dan ook die persoonlike Priester van die Blanchford familie. In die tyd van die Franse Revolusie was die Blanchfords een van die mees prominante grond eienaars.
Die twee manuskripte wat uit Bigou se tyd gekom het was op die toepassing van geloof en dit was in latyns op geskryf. Die tekse was uit die Nuwe Testament aan gehaal, tenminste, dis wat Bigou wou laat sien vir die oë wat nie meer as dit moes sien nie.
Die een manuskript se skrewe was egter deurmekaar en al die woorde was vas aan mekaar, daar was geen spasies gelaat nie. n Klomp oorbodige letters tussenin geplaas. Op hierdie manuskrip was letters, sonder omgee (of was dit?), verkort – met verkort word bedoel die letter was kleiner geskryf as die res van die letters in die reel – sommer in die middel van n woord.
Ander letters was weer geheimsinnig, bo die ander geskryf. Dit was baie kompleks en onvoorspelbaar wat betekenis en ontsyfering betref het. Inteendeel, dar was n sleutel nodig. Oor die jare was die volgende reels wel ontsyfer:
BERGERE PAS DE TENTATION QUE POUSSIN TENIERS GARDENT LA CHEF PAX DCLXXXI PAR LA CROIX ET CE CHEVAL DE DIEU J’ACHEVE CE DAEMON DE GARDIEN A MIDI POMMES BLEUES (SHEPHERDESS, NO TEMPTATION. THAT POUSSIN. TENIERS, HOLD THE KEY; PEACE 681. BY THE CROSS AND THIS HORSE OF GOD. I COMPLETE – or DESTROY – THIS DAEMON OF THE GUARDIAN AT NOON. BLUE APPLES.
Van die ontsyferde reels het glad nie sin gemaak nie, anders wel. Dié was baie duidelik:
A DAGOBERT II ROI ET A SION EST CE TRESOR ET IL EST LA MORT. (TO DAGOBERT II, KING, AND TO SION BELONGS THIS TREASURE AND HE IS THERE DEAD)
Vervolg more
Kan nog nie sien waarheen op pad nie!
…geduld!
Baie intresant! Kan nie wag vir die res…