12
Mar
08

join my op n skattejag wat jou nekhare sal laat reis en jou tot laat aand laat wonder of die afdraai links of regs is, dis my passie vir mitologiese geskiedenis wat wetenskaplik net n raaiskoot is, maar anders as raaiskote saad plant in jou hart van verstand. dit begin by n dorpie van geheime, die verlore skat wat westerse geskiedenis herskryf het.

Twee jaar gelede het ek begin lees aan n boek, maar hierdie boek was anders. Vir iemand wat glad nie gelees het nie het die boek iets in my wakker gemaak. Ek kon nie ophou lees nie. In my eie woorde gaan ek hier vertel hoekom hierdie boek my so vas gevang het, my geloofsbeskouinge aan gewakker het en my met n heel ander oog na geskiedenis en die romantiese stories wat daarop gegrond is, laat kyk het. Hierdie boek het n storie van moord, onvoorwaarlike liefde, hoog verraad, poletiese agtergronde, hartseer, oorlog, afguns en broederskap. Dis n dokumenter egter en meeste kan bewys word. Ander is net wetenskaplike raaiskote, raaiskote wat nie verkeerd kan wees as dit nie bewys word nie. Die boek se naam? Hang tak, en gaan eers saam met my terug in geskiedenis.

Rennes-le-Château en Berenger Saunière

1 Junie 1885 het die klein dorpie, Rennes-le-Château n nuwe priester in die dienning gekry. Sy naam was Berenger Saunière. Teen die tyd wat hy hier oor geneem het was hy 33 en mense het van hom gepraat as n robuste, energieke, aantreklike en avontuurlustige man, maar ook was daar n paar wat geglo het hy was baie geheimsinnig. Wat sou iemand wat n belowende toekoms in rekeningkunde gehad het dryf tot n priester in n klein dorpie soos Rennes-le-Château, of was daar iets wat hy geweet het van hierdie dorpie wat vir baie jare n geheim was en ook leidrade tot n groter geheim sou weg steek?

Google gerus Rennes-le-Chateau om meer duidelikheid te kry oor presies waar dit is en wat die doel van die dorpie en sy ontstaan was.

Tussen 1885 en 1891 was Berenger Saunière se loon per jaar, in frank, gelykstaand aan 6 pond. Nie genoeg om in weelde te lewe nie, tog het hy darm ook baie donasies van die plaaslike gemeenskap ontvang. In eie reg was hierdie genoeg om enige priester van die tyd, jaar in en jaar uit te vat. Wat Saunière anders gemaak het was dat hy gereeld gaan jag het, vis gevang het in die bergstrome waar hy groot geword het en n groot verskeidenheid boeke in sy eie biblioteek gehad het. Hy het baie gelees en ook Latyns vlot gepraat. Bowendal het hy Grieks studeer en ook begin met Hebrews.
Hy kon ook bekostig om n huishulp aan te stel. Sy was 18 toe sy by hom begin werk het en het later sy lewens lange vriend en vertroueling geword. Soveelso dat als wat hy besit het na haar sou gaan die dag wanneer hy sy laaste asem uit blaas. Haar naam was Marie Denarnaud en sy was sy regterhand. Verder het hy ook genoeg gehad om vir sy goeie vriend, Abdé Henrie Boudet in die buurdorp, Rennes-le-Bains, te gaan kuier.

Google Rennes-le-Bains om agtergrond te kry.

Dis dan ook Saunière se goeie vriend Boudet wat sal help om Saunière se naam saam met Rennes-le-Château, in die geskiedenis te verewig en ook een van die grootste geheime in geskiedenis uit te bring.

Vervolg more

cardu.jpg 0134.jpg 01281.jpg 0136.jpg


0 Responses to “join my op n skattejag wat jou nekhare sal laat reis en jou tot laat aand laat wonder of die afdraai links of regs is, dis my passie vir mitologiese geskiedenis wat wetenskaplik net n raaiskoot is, maar anders as raaiskote saad plant in jou hart van verstand. dit begin by n dorpie van geheime, die verlore skat wat westerse geskiedenis herskryf het.”



  1. No Comments Yet