21
Apr

wats verkeerd met die volgende artikel?

Hierdie is die k@k wat koerante vir ons voer as hulle niks beters het om oor te skryf nie… kan iemand asb help en sê wat verkeerd is met die artikel op die foto of is dit net ek wat dit raak sien?

17
Apr

chemical wedding of a braindead potato

Meeste van julle ken die gewilde reeks Lost op die series-channel. Die verhaal van ‘n groep mense wat na hulle vliegtuig op n eiland neer gestort het, gestrand is en net nie n manier kan kry om van die eiland af te kom nie. Behalwe dat elkeen n oorlog met sy innerlike self voer is daar ‘n nog groter bedreiging, die ander op die eiland.

Na die eerste reeks het ek lankal die storie verloor, noem dit lack of interest, maar die ding bly repeat homself. Tydsens die eerste reeks egter, het ek nie n episode gemis nie en was elke Woensdag vas geplak op die rusbank come what may! Dis die einde wat my meeste af gepi© het omdat daar n hele seisoen gewag moet word vir nog n series met obviously nog n to be continued wat volg!

Dis nie einlik waaroor dié post gaan nie. Na die eerste reeks van Lost het teorië begin op duik. Een was die Matrix-effek. Die een voorstel wat gemaak is, is dat die mense in Lost almal in n inrigting is, daar n Mad Scientist/s is wat hulle beheer en obserweer en dat hierdie mense almal in n virtuele wereld geconnect is om hulle interaksies met mekaar en hulle self te toets en studies te doen gegewe die spesifieke situasies wat hulle in is.

Wat is jou opinie wat Lost aan betref? Wat sien jy in die soveelste seisoen?

Sit edink nou net, wat as ons in ons eie virtuele lewe lewe? Veronderstel vir 5 sekondes dat lewe soos jy dit ken deur n program geskep is. n Program in jou brein wat vir jou sê met jou oë sien jy n foon, rekenaar of tv voor jou, maar in werklikheid is daar niks voor jou. Hoekom sien jy dit dan? Wel omdat jy wil, jou brein nie kan leef sonder jou en jou dis gelukkig wil hou? Gestel die persoon wat jy lief het bestaan nie, wel nie in persoon nie, en jou brein skep vir jou n gemiddelde van wat jou pas? So ook die mense om jou, familie, vriende en kennise? Gestel jou brein gee jou n lewe op n aarde, n aarde wat nie groter is as die gemiddelde mens se skedel om in te lewe? Is dit nie die lewe wat n verstandelike vertraagde meskien kan he nie? Hoe sal enige iemand weet? Gebruik ons nie maar iets soos 7% van ons brein vermoë nie - wat word van die ander?

Die matrix-scenario was maar net iets wat ek raak gelees het, dink daaroor en follow the white rabbit.

13
Apr

Bolognaise en vye konfyt mushrooms met knoffel en cheddar kaas

500g mince
2 medium uie
2 knoffel huisies
4 medium tamaties (in kwarte gesny)
al die “stems” van die mushrooms in helftes gesny
1 greenpepper in repies gesny

sout, peper, suiker, knor bolognaise sous, soya sous, tamatie paste en spaghetti

vye konfyt
knoffel, fyn op gesny
cheddar kaas
gemengde kruie
in 120grade voor verhitte oond vir 20 minute (totdat kaas gesmelt is en mushrooms bruin is)

enjoy!

08
Apr

nog n geldmaak storie? dink weer!

Goed, hier kom dit, wou al lankal iets hier plaas oor wat persoonlik met my gebeur het en steeds besig is om te gebeur. Teen die tyd voel dit seker of jy my blog kan verlaat. Goed en wel, maar wat van die kaans wat jy kon vat, maar nooit het nie? Wat van die einde van die jaar as jy geld moet uit haal vir n vakansie terwyl die wat die kaans gevat het nie betaal nie? Nog met my? Ontspan, want die is nie nog n piramiede skema nie (yeah right, hoeveel keer het jy dit al gehoor?), dis werklik en ek kan getuig en so ook die vriende wat saam in dit in is. Wat kos dit? Toewyding en n oop kop en ook iemand (soos ek) wat reeds n lid is. Wil jy n lid word en stel jy belang in meer inligting?

Los jou email adres hier en ek kom so gou as moontlik terug na jou.

Weereens, as jy die tyd gevat het om tot hier te lees, dink daaroor, want dis een sessie wat n uur van jou tyd gaan vat en alles kan verander. Aan die ander kant, as jy hierdie uur afstaan en nie belangstel in wat ek jou wil voorstel nie, gaan die lewe normaal aan. Die vraag is net, wat as hierdie uur jou hele lewe gaan verander in n tyd wat geld reeds skaars is?

06
Apr

kerrie afval pot

1 x stel afval. kop, pootjies en pens
4 naeltjies
sout
peper
gemengde kruie
3 uie, grof op gesny
6 aartappels
borrie
kerrie

baie hout, stadige kole, bottel kwv en geduld

02
Apr

Albegensian Crusade - die Languedoc en die Cathars

In 1656 is Nicolas Poussin deur Abde Fouquet, die broer van Nicolas Fouquet, besoek. Nicolas Fouquet was op daardie stadium die superintendent van finansies van Louis XIV. Na die Abde se ontmoeting met Poussin, het hy die volgende brief aan sy broer, Nicolas Fouquet, gestuur - “He and I discussed certain things, which I shall with ease be able to explain to you in detail - things which will give you through Monsieur Poussin, advantages which even kings would have great pains to draw from him, and which, according to him, it is possible that nobody else will rediscover in the centuaries to come. And what is more, these are things so difficult to discover that nothing on this earth can proove of better fortune no be their equal.”

Nie lank nadat Nicolas Fouquet die brief ontvang het is hy lewenslank toe gesluit sonder enige kontak van buite. Baie historikuste meen die “Man in the iron mask” is sinoniem met hom.

Louis XIV ht dan ook Poussin se skildery, Et In Arcadia ego, gekonfeskeer. Vroeer is gesê dat die skildery n uitbeelding van Poussin se verbeelding was, maar in 1970 is n graf ontdek, priesies soos die een op die skildery. Tot die omgewing het saam gestem, maar die opvallendste was die rots waarop die een skaapwagter in die skildery se voet rus, wat ook ooreen gestem het.

etinarc.jpg

Hierdie graf was net buit n dorpie genaamd Arques - n ent daarvandaan was Rennes-le-Chateau. Die ouderdom van die graf kon nie bepaal word nie, dit kon inteendeel as sensasie vir die einste storie gebou wees, maar hoe sou die skrywer so n presiese ligging kon kry? Volgens die inwonders van die omliggende omgewing staan die graf al daar van hulle voorouers se tyd af.

Snaaks van die inskrupsie op die graf van Nicolas Poussin se skildery was dat dit n werkwoord gekort het. Dire vertaal was dit “And in Arcadia I…“. Hoekom sou n werkwoord kort?
Die kodes in die manuskripte wat deur Sauniere ontdek was het bestaan uit letters wat geherrangskik moes word. Kon ET IN ARCADIA EGO ook n anagram wees? Dit is toe geherrangskik en een latynse aanhaling wat uit gekom het was: I TEGO ARCANA DEI en vertaal: BEGONE! I CONCEAL THE SECRETES OF GOD

DIE CATHARS

In 1209 het 30000 ridders en voetsoldate uit die Noorde van Europa gekom en die Languedoc omgewing (nou Suid Frankryk) verwoes. Die hele poppulasie in die omgewing was vermoor. Mans, vrouens en kinders en dit in opdrag van n verteenwoordiger van Pous Innocent III. Dit was om die Cathars uit te wis. Dit het begin by Beziers en na dit het Perpignon, Narbonne, Carcassonne en Toulouse gevolg. Waarookal hulle mense gekry het het hulle hulle dood gemaak. Die Pous self, het dit die Albegensian Crusade gedoop en dit het amper 40jaar geduur.
Hierdie ridders was beloon vir hulle dade deur dat al hulle sonders hulle vergewe was. Al die skatte wat hulle tydens hierdie plunders bymekaar kon maak kon hulle ook hou. Na die oorlog was daar niks oor nie en die Languedoc was terug na die era van barbare, soos die res van Frankryk. Hoekom het hierdie uitwisting plaas gevind?

DIE LANGUEDOC OMGEWING VOOR DIE OORLOG

Aan die begin van die 13de eeu was hierdie landskap nie deel van Frankryk nie. Dit was onafhanklik en nie eers die taal, kultuur of politieke instansies het iets in gemeen gehad met Frankryk nie. Die regeerders was n klomp ryk families en aan die hoof was die huise van Toulouse en Trencavel. In hierdie tydperk was die Languedoc dan ook die mees gevorderdste en sofistikeerd in die Christen kultuur, behalwe meskien vir Byzantium. Laasgenoemde en die Languedoc het baie in gemeen gehad egter. Geleerdheid was hoop op die lys soos dit nie in Noord Europa daardie tyd was nie. Filosofie en dig het floreer en is studeer, so ook Grieks, Arabies en Hebrews. In Lunel en Narbonne was skole vir Cabala (Google Cabala - n antieke form van Juadaisme ((Google Juadism)). Hulle was ook baie gemaklik wat ander gelowe betref. Die res van Europa op daardie stadium was vir Rome.

Terselfde tyd was die Romeinse Kerk nie baie gewild nie. Romeinse klerke veral, in die Languedoc, het mense weg gestoot met hulle korrupsie. Daar was Roomse kerke wat vir 30 jaar nie besoek is nie. Priesters het hulle hoofde ignoreer en besigheid eerder in eiendom gevoer. Wat ookal die korrupsie, die Languedoc het n kultuur bereik wat eers weer in die tyd van die Renaissance bereik sou word. Die Languedoc was vir vrede en het egter nie n goeie verdedigings stelsel gehad nie. Noordelike Europa en die Rooms Katolieke het dit geweet en uit gebyt.

Die Romeinse Kerk veral was greetig vir sy eie redes. Een van hulle was reeds die feit dat die RK nie so sterk hier was nie. Die Albegensian (of Cathar) geloof was vir die RK n groot bedreiging en eers weer in Martin Luther (3eeue later) se tyd het die RK so bedreig gevoel soos nou. Inteendeel, die Albegensians was so groot dat daar sprake was dat dit die Roomse Kerk sou vervang. Die Languedoc en die Albegensians is ook dan deur die RK in 1165 onwettig verklaar en name wat op geduik het vir hulle gelowe was Cathars, Cathares of Cathari. In Italie was hulle die Patarines genoem. Daar was ook ander meer antieke name soos Arian, Marcionite en Manichaean.

Albegensian en Cathar is n groepnaamwoord wat in hierdie geval verwys na n groep saam gevoegde gelowe, nie soos Rome net 1 kerk nie.

vervolg

26
Mar

watter tipe brand is jy?

Hulle sê baie kan van n mense se persoonlikheid gesê word in wat jy rook.

bensonbox2.gif camel-lights-341102.jpg chesterfield2.jpg gunston21.jpg marlboro-menthol.gif marlboro_lights1.gif vogue-ultra-lights1.jpg

Een van my goeie vriende rook Dunhill Menthol, nie eers sy eie nie (gekruisde bene… soos n britse vrou) en dan moet jy nie vir een vra nie - hy laat my soms worry!

19
Mar

op n ander noot, ek kry volgende week my tytn2

htc_tytn_2_3.jpg

htc_tytn_2_2.jpg

htc-tytn2.jpg

Dankie Vader Christmas! Eerder laat as nooit!

18
Mar

n skat van figuurlike waarde groter as goud en silwer. rennes-le-chateau was n heilige plek. i tego arcana dei (begone! i conceal the secrets of God)

Die vorige inskrywings kom van n storie wat al in die 1960’s geskryf is. Hierdie storie verg egter elke dag nog vrae en studies. Die volgende inskrywings vat die storie verder, opsoek na feite en om hierdie feite van fiksie te onderskei as dit moontlik is. Baie is wetenskaplike raaiskote wat die leser self maak dink wat realiteit is en wat fiksie is of waar n scenario voorgestel word.

Die eerste vraag is waar Saunière se geld vandaan gekom het.

Die storie dat Saunière n skat gevind het kan waar wees, want die dorpie self sowel as die omliggende gebiede sluit, volgens geskiedenis, baie versteekte geheime en skatte weg.

In prehistories tyd was Rennes-le-Chateau gesien as n aanbiddings plek vir Kelties groepe en die dorpie was toe bekend as Rhédae, vernoem na een van die keltiese stamme.

In die Romeinse tydperk was Rennes-le-Chateau ook baie belangrik vanwee die ryk myne en warm water fonteine in die omliggende gebiede. Rome het Rennes-le-Chateau heilig gevind. Dis bekend dat daar Pagan (n geloof) tempels op gegrawe is.

In die 6de eeu was daar om-en-by 30000 mense wat hier gebly het. Dis geskryf dat die dorpie toe deur die Germaan stamme (Visi Goths - sien vorige inskrywings) regeer is. Hierdie stamme het weswaarts getrek uit middel Europa, onder andere Rome gekelder, die Romeinse regering vernietig en hulle eie nasie in die Pyrenees gestig.

Aan die begin van die 13de eeu het n leer uit die Noorde van Europa gekom om hierdie landskap (bekend as die Languedoc ((Google)) by die Cathar (of Albigensian) gelowe oor te neem Dit staan dan ook op geskryf as die Albigensian Crusade.

In 1360 is Rennes-le-Chateau deur n plaag getref. Die mense is so te sê almal dood en kort daarna is die dorpie verwoes deur katalonies rowers.

Hierdie dorp se onvoorspelbare geskiedenis en stories wat met tyd n sprokie was, was vas gevang in n web van feite en fiksie.

Die Cathar geloof was bekend daarvoor dat hulle in besit was van iets baie heilig. Volgens legende die “HOLY GRAIL”. Dis stories soos die waarop Richard Wagner sy laaste opera roman, Parsifal, gegrond het. Google Richard Wagner en Parsifal. In 1940 - 1945 het Duitse troeppe vrugtelose opgrawings in die omgewing gedoen.

NB: CATHAR - a member of one of various ascetic dualistic Christian sects especially of the later Middle Ages teaching that matter is evil and professing faith in an angelic Christ who did not really undergo human birth or death (soos gegee deur my stadige, tog geduldige,vertaler vriend en sy woordeboek)

Daar was ook die verlore skat van die Knights Templar (wat in “detail” behandel gaan word), wie se leier (Die leier van die Knights Templas was bekend as die Grand Master) Bertrand de Blanchefort (Sien vorige inskrywings oor Rennes-le-Chateau en die Blanchefort familie) baie misterieuse opgrawings in die gebied gedoen het. De Blanchefort het egter van ingevoerde Duitse myners gebruik gemaak. As daar n Knights Templar skat was, sou dit perfek gepas het by die ontsyferde kode, “SION”, wat in die Saunière manuskripte gevind is.

Daar was ander moontlike skatte ook. Tussen die 5de en 8ste eeu was die grootste gedeelte van Frankryk deur die Merovingian (Google en Wikipedia) bloedlyn regeer. Onder hierdie bloedlyn was Koning Dagobert II. Rennes-le-Chateau was in Dagobert se tyd n Germaanse (Visi Goth) fort. Dagobert self, was ook getroud met n Germaanse prinses.
Daar is dan die stories van baie skatte wat bymekaar gemaak is gedurende Dagobert se oorlog seges en in die omgewing van Rennes-le-Chateau versteek is. As Saunière so n skat gekry het sou dit sin maak hoekom Dagobert II se naam in die manuskripte voorkom.

Dit was nou al die Cathars, die Templars en Dagobert II, maar nog was daar n ander moontlikheid. Dit was die groot hoeveelheid skatte van die Germane terwyl hulle Europa gestroop het oppad na die Weste. Hierdie skatte kon uit meer as net goud en silwer bestaan het. Iets meer simbolies of figuurlik, n westerse geloofs tradisie. Dit kon die legendariese skatte van die Tempel van Jarusalem bevat het wat, meer as die Knights Templar, betekenis het wat die kode “SION” in die manuskripte betref.

Volgens argeoloë en historikuste is Jarusalem 66 AD (na Christus) deur die Palestyne aan geval. 4 jaar later het Rome, onder leiding van Titus, Jarusalem ingeval en afgebreek tot op die grond. Die Heilge Tempel ook. Dis gesê dat ie heilige skatte terug gevat is na die Romeinse koningkryk.

Hierdie skatte, volgens legende, het ingesluit die goue sewe-tak kershouer (Candelabrum) wat baie heilig was/is vir die Jode en, weereens volgense legende, heelmoontlik die Verbonds Ark wat in die Bybel genoem word.

3 en n half eeue later, in 410 AD, was Rome weer, op hulle beurt, deur die Germaanse stamme, onder leiding van Alaric die Grote, geplunder en alle skatte in die proses gebuit. Die historikus, Procopius, skryf dat Alaric al die Roomse skatte gevat het, ingesluit die skatte van Salemo.

Solomon - King of Jerusalem and the Hebrews

Skatte moes dan die rede vir Saunière se rykdom gewees het?

Die skat/skatte se moontlike pad deur die jare kan as volg lyk. Tempel van Jarusalem -> Rome -> Germane -> Cathars en/of die Knights Templar.

As dit die geval is, is dit duidelik hoekom die skat aan Dagobert II en SION behoort.

A DAGOBERT II ROI ET SION EST CE TRESSOR ET IL LA MORT - to dagobert ii, king, and to sion belongs this treasure and he is there dead

Dis nie onmoontlik dat Saunière skatte ontdek het nie. Die gedagte was egter nogsteeds daar dat daar n geheim ook was. n Geheim wat belangrik was in sy tyd en meskien ons eie tyd ook.

Goud en silwer alleen sou nie alleen die rede wees vir Sauniere se kontak met mense soos Debussy, Hoffet, Calvè en hulle sirkels van vriende nie. Sien vorige inskrywings vir bogenoemde persone.

Dit sou ook nie die kerk se belange in Sauniere se ontdekking verduidelik nie, wat nog te sê, die manier hoe hy die biskop van Rennes-le-Chateau met minagting hanteer het.

Ook nie hoekom n mede priester geweier het om hom te seen voor sy dood nie of hoekom die hertog van Habsburg hom besoek het. Die hertog het later bekend geword as ene Johan Salvator. (Speel groot rol in toekomstige inskrywings). Salvator was dan ook bekend as Jean Orth.

Salvator het in 1889 al sy titels en regte op gegee en is binne 2 maande verban uit sy eie land uit. Kort hierna het hy in Rennes-le-Chateau verskyn. Daar is gesê hy is dood in 1890, maar sy dood was eerder n 1910/1911 in Argentinie.

Op hierdie paar punte is dit moontlik dat Sauniere n geheim gehad het, en nie net goud en silwer nie, maar dit volg in die volgende inskrywing.

EK HET N ONGELUK MET MY SEL GEHAD, WAG VIR VERSEKERING OM UIT TE BETAAL - DIT SAL SEKER SO 3 DAE VAT EN INTUSSEN SAL EK HIERDIE STORIE MET TYD VERTAAL EN INSKRYWINGS MAAK.

17
Mar

Saunière se laaste dae. villa bethania. asmodeus - bewaarder van geheime en versteekte skatte

vervolg op vorige inskrywing

Een van hierdie banke het tot n verteenwoordiger gestuur om Saunière se geldsake te behartig. Saunière se nuut gevonde rykdom was so groot dat dit teen die tyd van sy dood in 1917 bereken is, dat hy miljoene net aan restorasies en ondersoeke alleen, spandeer het. Saunière was slim en het net geweet hoe om die publiek stil te hou. Hy het byvoorbeeld vir Rennes-le-Chateau n moderne pad laat bou. Ook het hy gehelp met lopende water vir almal in die dorpie. Ander uitgawes was meer doelgerig op sy ontdekkings. n Toring is gebou, Tour Magdala (Google) wat uit gekyk het op n groot gedeelte van die omliggende berg by Rennes-le-Chateau.

Saunière het ook n groot huis laat bou wat hy Villa Bethania genoem het. Saunière het egter nooit daar gebly nie.

Die kerk self was in n baie snaakse styl gerestoreer. n Latynse inskripsie is bo die ingang na die kerk gemaak. Dit het gelees TERRIBILUS EST LOCUS ISTE (This place is terrible)

Net binnekant die ingang was n afgryslike stambeeld van die demoon Asmodeus - bewaarder van geheime en versteekte skatte (en volgens antieke stories, die bouer van “Solomon’s Temple”) Google Asmodeus

Op die mure van die kerk was daar verskillende stadiums van die kruisiging van Jesus geskilder. Hierdie voorstellings het egter nie saam met die gebeure, soos geskryf in die Bybel, gestem nie. In stadium XIV, wat verwys na Jesus se liggaam wat die graf in gedra word, is die agtergrond die van donkerte met n groot domineerde volmaan, so asof Saunière, byvoorbeeld, wou sê: “Jesus se begrafnis was nadat dit donker was”. Dit was met ander woorde n hele paar uur later as wat in die Bybel staan. Of, meskien het dit verwys na n liggaam wat uit die grafkelder gedra is, in plaas van in?

Soos alreeds genoem was dit nie vir Saunière n probleem om geld te spandeer nie. Teen die tyd het sy stokperdjies baie rare Chinese erde- en breekware, kosbare materiale en antieke graniet soorte ingesluit. Hy het n massiewe wandel tuin ontwerp en sy biblioteek vergroot en aan gevul met net die beste en dit het alles oor alles gedek.

Saunière se vriendekring het ook alhoemeer vergroot. Onder hierdie was Johan von Habsburg, n neef van Frans-Josef, leier van Austrië op daardie stadium. Bank state het getoon dat Saunière en Johan op die selfde dae elk, n hele paar bankrekeninge oop gemaak het. Baie geld is ook tussen hierdie rekeninge oor geplaas.

Die kerk het aan die begin niks gesê of gevra wat die groot hoeveelheid uitgawes van Sauniére betref het nie, wat nog te sê waar die geld vandaan kom, maar toe Saunière se direkte hoof sterf en met n nuwe biskop vervang word, het dié Saunière begin druk vir antwoorde. Saunière het geweier om te verduidelik waar sy rykdom vandaan kom en ook die verplasing wat sy nuwe hoof hom wou laat doen. In n tribunaal is Saunière toe as priester van Rennes-le-Chateau geskors. Dit was van korte duur. Sy appel by die Vatikaan self, het geslaag en sy rol as priester by Rennes-le-Chateau weer herstel.

17 Januarie 1917 het Saunière, toe 65, n beroerte gehad. Die datum het baie vrae. Presies dieselfde datum is op die grafsteen van die Marquise d’Hautpoul de Blanchford (sien vorige inskrywings) gegrafeer. 17 Januarie is ook n feesdag van Saint Sulpice. Saint Sulpice speel dan ook n baie groot rol in hierdie storie.

Dit was dan ook by Saint Sulpice waar Saunière sy ontdekking aan Bieil en Hoffet (sien vorige inskrywings) gaan voorstel het.

Wat Saunière se beroerte egter so verdag maak is die feit dat verskeie mense sê hy 5 dae tevore baie gesond vir sy ouderdom voor gekom het. Nog meer verdag is dat op 12 Januarie, volgens n kwitansie, het Maria Denarnaud, sy huishoudster, n doodskus bestel.

Terwyl Saunière op sy siekbed gelê het, het daar, soos dit die aard is, n priester gekom om Saunière se beleidenis aan te hoor en hom te vergewe voor sy dood. Toe hierdie priester egter uit Saunière se kamer kom was hy stom geslaan. Wat ookal Saunière belei het weet niemand. Al wat bekend is, is dat dié priester geweier het om Saunière verder aan te hoor of vir hom te bid.

Saunière is die 22ste Januarie dood.

Niemand kon wag dat Saunière se testament bekend gemaak word. Teen almal se verbasing het Saunière niks gehad nie. Hy was n arm priester. Op n stadium voor sy dood het hy alles wat hy besit het aan Marie Denarnaud oor geplaas.

Na sy dood het Marie n gemaklike lewe gelei. Sy het in die Villa Bethania tot 1946.

Na die tweede wêreld oorlog het die nuwe Franse regering n nuwe geldeenheid ingestel. Dit was om veral die mense wat uit die oorlog gebaat het en dié wat belasting vry gespring het aan die pen te laat ry. Franse burgers moes die ou Frank dan inruil op die nuwe regering se Frank en in dié proses moes verklaar word waas die ou Frank vandaan kom.

Marie het gekies om arm te bly. Burgers van Rennes-le-Chateau het vertel hoe hulle haar duisende note ou Frank sien verbrand het. Sy het later geen ander keuse gehad as om Villa Bethania te verkoop nie.

Marie is op 29 Januarie 1953, net soos Saunière, na haar siekbed nadat sy n skielike beroerte gehad het. Kort daarna is sy dood en het Saunière se geheim saam na haar graf geneem. Of het sy?

vervolg more

asmodeus.jpg villabethaniafromtourmagdala.jpg